Leer Meer Oor Ons Werkkultuur By Dino`s en Dasies
Dino's & Daisies bied kwaliteit vroeë kinderontwikkeling met:
Ervare en liefdevolle personeel
Stimulerende leerprogramme
Veilige speelareas
Voorskoolse voorbereiding
Gesonde peuselhappies
Kom wees deel van ons Dino’s & Daisies-familie!
Ons Visie
By Dino’s en Daisies Kleuterskool is dit ons visie om elke kind se unieke potensiaal te ontgin deur ʼn veilige, stimulerende en liefdevolle leeromgewing te skep waarin speel die grondslag van leer is. Ons streef daarna om kleuters met selfvertroue, nuuskierigheid en ʼn liefde vir leer toe te rus vir die volgende fase van hul lewensreis.
Ons Missie
By Dino’s en Daisies Kleuterskool streef ons daarna om elke kleuter te ondersteun deur:
ʼn Christelik-gegronde waardestelsel
ʼn Tema-gebaseerde opvoedkundige program
Holistiese ontwikkeling: fisies, emosioneel, sosiaal en kognitief
Speel- en ontdekking-gebaseerde leer
ʼn Veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing
Die kweek van selfvertroue, kreatiwiteit en ʼn liefde vir leer